Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Wanhoop

IN DONKER GEHUL

Deur Datum gepubliseer: 11 Maart 2021 1

(BRONS)

donker die nanag uur
waar onsekerheid
soos ’n ongewenste swangerskap
tot barstens toe
die lug vol hang
’n onbereikbare horison
êrens in die swart
die soeke na antwoorde
tevergeefs
soos om die Suidoos
in een asemteug
vas te vang
die begeerte na verstaan
wat uitloop op misoes
as bietjie dag
deur die duisternis breek

©HMellet2021

ONAANGERAAK

Deur Datum gepubliseer: 27 Januarie 2021 6

As ek vandag êrens in die Kgalagadi park
tussen Hartebees, Wildebeest en Afrika Luiperds
kon sit sommer net so platgat in die stof
sou ek my vergryp aan die wonders van ons land
ek sou vergeet van die Boland se berge
en my Vallei vol stomp goue koringlande.

Ek dink ek sou eers Sekretarisvoëls en…

Bamboes Wind

Deur Datum gepubliseer: 19 Januarie 2021 5

wind wurm deur
podlood dun stamme
krap lank verbleikte verhale
uit die wind.

die skerm teen
gister se onthou
vandag se alleen
skree hoop in die wind.

kaal gemete stemme
blaas alles net so
terug in my oorvol
gemoed.

Gevangenis

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2020 1

doring drade lê
rolle om tronke
erge in, bang buite te hou
altwee uit balans.

grense val
sny oor draad
seerkry, binne en buite
al sekerheid.

agter mure
van gesamentlike seer
kreun die wete
plesier, nou nou…

Doring (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 5 Desember 2020 3

DORING

doring
gladdelyf gesant
gekoester al vir jare
dig teen my bors
wieg sagkens weg
en word gewek
uit nanag-euforie
geruk deur reuk
van vars formeersel

hoe lank nog voor jy
die laaste lewe uit my suig
.
© Barbara Smit 4/12/2020

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 157 gaste aanlyn

Bydraes – Argief