Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vrouens

VRYHEID IN VROUWEES

Deur Datum gepubliseer: 30 Junie 2020 Hou van

VRYHEID IN VROUWEES
(brons)

Vryheid – ‘n konsep wat ons dikwels as vanselfsprekend geag het. Onlangs het die inperking van die pandemie ons kom leer dat dit eintlik ‘n voorreg is. Wel van toepassing op baie verskillende aspekte in ons lewens – sit en dagdroom ek vandag oor wat vryheid…

In my ma se tuin was daar ’n vyeboom

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2020 Hou van

Mamma
as ek kon sou ek vandag
’n draai by jou wou maak
met melktert en geel blomme
en sjokolade na jou smaak

ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot;
die paadjie na jou voordeur loop
en aan die riffelruitjies klop

ek sou langs jou sit
op jou voorhuisbank
en…

Kwart oor somer

Deur Datum gepubliseer: 7 Junie 2020 1

Haar yskas en stoof
het sy oranje gekleur,
die kombuis se mure
– bottergeel en room;

smôrens die gordyne wyd oopgetrek
en sonnestrale deur ruite laat stroom.

Hoe lig kan die dae wees,
het sy gedink
terwyl sy bloeisels rangskik
en vonkelsap drink.

Buite in haar tuin
was vlinders aan’t vlinder
oor…

DIE SPIEËL LANGS DIE GROEN MUUR

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 1

DIE SPIEËL LANGS DIE GROEN MUUR

my gedagtes vat my ‘n dekade terug
skielik staar ek weer vir myself in die groot spieël
afgewerk met ‘n blink breë goud-geel raam
kontras teen die lemmetjie groen muur
ek staar diep binne in my oë, van so soort dat ek tot in…

toedel doo

Deur Datum gepubliseer: 24 Maart 2020 2

haai toedels
het julle gehoor
daars ‘n toutil lokdown
mense ga skoon mal jong
elke ou met ‘n biekie geld
kopie trollies oorlopens vol
daar is niks brood oppie rakke
geen wieks of hoesstroop nie
wonner wat ga ons maak
vir ons self kyk vir weke
lank met tjips…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale