Ek wens een en elkeen wie Paasfees gedenk, ‘n geseënde en heilsame fees toe. Mag die samesyn, die herdenking en oordenkinge vrugbaar wees in jul gees. Dié INKers wat nie Paasfees herdenk nie, mag dit vir julle ‘n veilige en kosbare ruspose wees in ‘n besige jaar.
Kreatio bied ‘n Afrikaanse skryfkompetisie Komieklike Kortverhale aan! Groot pryse geborg deur Groep 7 Drukkers, Kreatio en Ink Skryf in Afrikaans is op die spel. Die totale pryswaarde is R27 000, en Afrikaanse skrywers regoor die wêreld is welkom om…
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou
een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie
onder ‘n groen druiweprieel
met gekartelde potplante
‒ hier en daar
vol Kalahari kaktusse
en bonsai boompies
een met ‘n borrelende fontein
en die fyn geur van onsterflikheid
een wat uitloop op ‘n gryspad
tot onder ‘n Jakaranda boom
waar ons vir die somerson kan…
–
jy is geweeg
maar te lig bevind
–
my duin weerkaats
van eeue oue woorde
wat soveel hartseer bring
verbeurde geleenthede
wat skeure uitspoel
uit die verlede
–
verkeerde keuses
onsuksesvolle strewes
maar uiteindelik tog daar
al was die weg so swaar
alles self moes oorbrug
ervaar om te kon leer
–
soveel goeie wense
stuur ek jou my jong vriend
dat jy tog die goeie weg probeer
uit…
Horison Media
AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie
FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie
Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie