Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

2020 Perspektief

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 2

📌🖋Oral op Facebook, Twitter, LinkedIn, Instagram en Pinterest is bewyse van ‘n opgewondenheid oor 2020. Dit is asof mense se persepsies en beskouinge geskuif het na iets groter. Vir my is dit ook waar.
👩Ek het die laaste maand myself herbeplan as te ware. Die dinge wat my tyd…

Dans asof niemand kyk nie.

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2019 3

DESEMBER 2019 PROJEK – DANS ASOF NIEMAND KYK NIE

Rubriek

Deur Marlene Erasmus

ʼn Baie ou bekende gesegde lui so: “Dans asof niemand kyk nie, gee liefde asof jy nog nooit seergekry het nie en sing asof niemand jou hoor nie.” Ten laaste ook: “Leef asof dit hemel op aarde is…

dans van lewe

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2019 1

BRONS

dans van lewe

suutjies sag in stille afhanklikheid
nie onderhewig van omstandigheid

dartel-dans ek op maat van vreugde
goddelik geskape – ʼn vrou van deugde

soos vurig kandelaar van ouds gevul
met lewend vloeistof in Sy glorie gehul

so vlinderdans ek met my lamp vol olie
skyn geen glim of glans van melancholie

vinkervlerk…

Ongetemde Sonkring

Deur Datum gepubliseer: 30 Desember 2019 1

onder vlerkgeklap (‘n engel s’ n)
staar jy wanhopig
na raaisels in die spieël
opsoek na nuwe stukke
om die verweerde
brokkels van ‘n legkaart
(weereens) te maak pas

want,

deur onheil en smart
van nóg ‘n stroewe jaar
het selfs jou skadu
soek geraak
in die swart leemtes
van jou ongetemdheid
wat roekeloos
op roetes, ongekaart
bly dwaal het

toe breek ‘n nuwe dag
sonder donder…

soetheid

Deur Datum gepubliseer: 28 Desember 2019 1

soos nektar glip dit oor my lippe
proe die ronde smaak van ou wyn
gepers en getrap in ou pars trôe
waar wyn maak soos tradisies lyn

wingerde teen rooi en geel bulte
dra swaar aan eindelose hangers
kratte vol trosse bars uit hul nate
gepluk en vervoer in bulk…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale