Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

Uit die mond van die suigeling . . .

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2020 1

Elkeen van ons (veral oumas en oupas) se hart is uitverkoop aan die dierbaarheid van suikerbekkies.
Daardie einste suikersoet ‘bekkies’ wat op die mees onverwagse tye die snaakste wys- en waarhede kan kwytraak, so opreg en onskuldig. Die beste medisyne vir ‘n suur en donker gemoed.
Ek verluister en…

Babbelbekkie blinkoog

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2020 1

Vetkryt figure versier my mure
in helder reenboog kleure
vars vetkoek en biltongbrode
vermeng met die soet kombuis geure

Koekies en kersies en kinderversies
gestrooi oor die voorhuisvloer
in ouma se huis is almal tuis
word almal tot oormaat gevoer

hier in ouma se kombuis
voel die hele wereld tuis
is…

Maria

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2020 Hou van

Maria, maagd van Bethlehem
was onder vroue uitgeken
om die Lig te bring
wyl engelkoor sing
om só verlossing vas te pen

Valentynsdag gedig vir Afrikaans

Deur Datum gepubliseer: 6 Februarie 2020 7

1652, oor de donker zwartswater
kommen Jan, de Reijer, de Dromedaris
en de Goede Hoop

hul bring vanuit hul moederskoot-
na ‘n land van nuwe hoop
sulke soettongstroop

en nou my hartlam, my bok
vir jou vang ek Breyten se rooiborsduif
om vir jou pakkende sakrale lyf te sing

en my tong…

Afgebaken

Deur Datum gepubliseer: 23 Januarie 2020 1

Afgebaken

tussen teer en draad
het Hy sy verfkwas geswaai

uitspattige geel
uitbundige pers laat drup uitgevlok
soos op ‘n modepop se rok

wit witjies dartel en fladder
met engelvlerkies wat witsag wapper
op en af oor kleureprag
op ‘n mooie dag

afgebaken tussen teer en draad
dis waar die reën eerste kon…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 27 gaste aanlyn

Bydrae Totale