Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

Liefdes transformasie

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2019 1

Die winter kou
die grys en grou
die seer van gister se onthou

LAAT-LENTE ALLEEN

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2019 2

“Ek het lank gesoek, om myself in jou te vind”

Sag sluip sy deur jou are
drup, drup saam jou jare
tussen lewe en dood
bewe haar asem
lewend oor jou lyf
sy weet dis soms verkeerd
om eg te wees
veral wanneer haar hande
verkeerdom soek na jou siel

Resensie: DIE BEWAPENDE MAN

Deur Datum gepubliseer: 22 November 2019 2

DIE BEWAPENDE MAN ‘n Missa vir die vrede

Oor die jare en eeue heen, veral in die twintigste eeu, het die oorlogs­retoriek en sabelgeratel toenemend – alarmerend – uitgebrei. Met al hoe moderner wapens word al hoe meer mense omgebring, want dit gaan dikwels gou oor in egte…

Sop en sjerrie aande

Deur Datum gepubliseer: 20 November 2019 1

Sop-en-sjerrie aande

“Levinia, kom sny die koek!”
“Wie se koek, my koek of jou koek, Katrien?”
“Moenie jou stuitig hou nie, jou koek, natuurlik! Jy giggel verniet so lekker.”
“Hierdie sop-en-sjerrie aande moet ent kry!”
“Nee, hoekom Levinia?”
“Die volgende dag is die ergste, jy weet mos, en my man…

Daar waar vrede lê

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2019 1

my hart verlang
na die sonbesie-hitte
wat lui luimer
oor karoobos en klippe

na die ding-dong
van ‘n voorloopskaap
wat smag na weiding
net die beste wil opraap

my hart verlang
na wye, oop vlaktes
waar stilte en vrede
salfsmeer aan nerfskuur-gedagtes

waar gesigseinder
ver oor rante strek
my hart se teer…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 101 gaste aanlyn

Bydrae Totale