Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

Jou geskenk …

Deur Datum gepubliseer: 16 Maart 2016 5

ek het baie lank gedink
oor die geskenk wat ek vir jou wil kry
soos ‘n toffie het ek daaraan gekou
want dit moet langdurig jou hart verbly
ek het oor rooi papier
en hartjies oraloor gedink
en kersligetes en ‘n poeding
en sjampanje wat in glase blink
maar…

Vergane gisters

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 8

papierdun skyfie van die maan
gooi seën ruim in bakhand uit
oor enkeling en ook vreemdeling
wat verlangend na Bowe staar
met gedagtes oor wat môre
weer padlangs sal baar

waar die strepiesmaan
dan skaam met ‘n rooi gesig
deur traan-swangerwolke loer…

Huisie vol vrede

Deur Datum gepubliseer: 10 Maart 2016 10

By haar huisie, in die Bosveld –
groei die mooiste spierwit roos,
wat haar elke dag herinner,
dat haar Skepper haar sal troos.

Langs die muurtjie, wieg Gesiggies –
soos hul knip-oog na die son,
klomp gekleurde vlinders fladder,
want haar Lente het gekom.

Op haar stoepie,…

Bosveldliefde

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2016 17

daar lê ‘n stilte
in my hart se verlang
na waar graskoppe
wuiwend dans
op die ritme van ‘n somerswind
ver weg van stadsgeluide en klingende geld

hier waar die dors
van my siel ge-les word
in savanna veld onder…

Totale oorgawe

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 14

waar jou asem vlermuis hang soos
‘n snoesig-sag-warm-velkaros
verby die krombuig van my skouer
tas jou vingers soekend in Braille
oor die ronding van my rug
kom gee jy doekvoettreë
oor ounag-spore van maanligtyd
in die helder van ‘n sonskyndag

as…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 54 gaste aanlyn

Bydrae Totale