Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

In my wêreld

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 8

Here, dit voel asof ek nie kan sien wat U wil he nie
Dit voel asof ek nie kan hoor wat U wil se nie

Ek het weg geraak in my eie wêreld
Here, niemand het eers na my kom soek nie!
Dit was so stil, Here
Ek was so alleen

Het iemand ooit geweet…

My brief

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 5

Here,
Laat dit wat borrel
Hier binne my
In die mooiste
Mooi woorde verander.
Laat my hart
Oop bars
Op wit papier.
Laat my emosies
Die skryfstuk
versier.
Bring terug:
Rymwoorde,
Groot woorde,
Vloekwoorde
En woorde
Van omgee.
Laat my trane
In ritme verander
Soos dit drup-drup
Oor die ink.
Laat dan Jou liefde
Die koevertjie wees
Wat my brief
Snoesig toevou.

‘n Skietgebed

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 7

Ek bid dat Jesus
‘n draai by jou kom maak
en saggies met sy liefde
aan jou hart kom raak

Dat hy sommer op die stoel
langs jou bed kom sit
en jou drome waar maak
soos jy hulle bid

En as hy met sagte oë
in joune in kyk
hoop ek jy voel
hoe ware liefde lyk

Donsvere

Deur Datum gepubliseer: 19 Mei 2016 3

Snoesig en warm
is die buig van jou arm,
waar ek rus
en net is…

Donsvere het geen vergelyk
met die hoek waar jou arm yk
en my siel kan uitreik,
om die wêreld in die oê te kyk.

Wit tafeldoek en bont servet

Deur Datum gepubliseer: 17 Mei 2016 7

een oggend
wyl die duiwe koer
die son
net-net oor die rante loer
berei’k vir ons ‘n feesmaal
onder bome
in my tuin

drapeer ‘n wit doek oor die tafelblad
stryk dit met my palms plat
rangskik blomme in ‘n blompot
en ryg servette deur ‘n ring

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 47 gaste aanlyn

Bydrae Totale