Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Vreugde

Onverdiend

Deur Datum gepubliseer: 25 Mei 2020 1

Vers 1:
Hoe sal ek die woorde vind
Wat pas by U
Sal al die stemme in die heelal
U wondergroot mag kan beskryf

Vers 2:
Hoe sal ek ooit kan verbaliseer
Wat U beteken
Sonder U hand oor als
Is als en almal verlore

Koor:
En al meng ek my…

Die Engele Haal Asem

Deur Datum gepubliseer: 25 Mei 2020 1

Vers 1:
Jy het my lewe ingestap
En die twyfel verander in sekerheid
Met jou hier by my
Kan ek nie anders as om te glo

Vers 2:
Jy’s nie sommer maar net
Nóg ‘n gewone mens
Jy’s soveel meer werd as dit
Is hoe ek jou sien
Dis hoe ek jou sien

Koor:
Jy’s ‘n klinkklare bewys
Dat die engele asemhaal
Voor…

Ontvlugting

Deur Datum gepubliseer: 18 Mei 2020 Hou van

koppe sak om kennis
te suig uit menige bronne
wat terug staar
geslote.

studie is steriel as
alleen belang, die jag
na ń universiteit rooi stempel
dokument is.

ń groot verlies
van tyd en kennis
want uit aksie borrel
geluk.

rose fyn

Deur Datum gepubliseer: 16 Mei 2020 2

wit roos vir jou my lief
pienk roos vir elke dogter
donker rooi roos vir kleindogters
geel roos vir al my seuns asseblief

rose is soos die lewenskring
eers die ontluikende knoppies
dan die kroonblare en stuifmeel
doudruppels wat daarop sing

rose elke dag is soos musiek
wat note geure en…

In my ma se tuin was daar ’n vyeboom

Deur Datum gepubliseer: 11 Mei 2020 1

Mamma
as ek kon sou ek vandag
’n draai by jou wou maak
met melktert en geel blomme
en sjokolade na jou smaak

ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot;
die paadjie na jou voordeur loop
en aan die riffelruitjies klop

ek sou langs jou sit
op jou voorhuisbank
en…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 66 gaste aanlyn

Bydrae Totale