Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Verhoudings

Liefde Verloor

Deur Datum gepubliseer: 23 Mei 2019 Hou van

As liefde die siel sou verlaat,
is dit wat nou oorbly dan net apatie,
of is dit dalk haat?
As liefde vir dié een
die liefde vir dáái een laat kwyn,
was dit ware liefde, of liefde geleen?

Waar bloed nie kan loop nie
daar kruip dit, is wat hulle…

Resensie: DIE LAASTE VOETGANGER, die film

Deur Datum gepubliseer: 21 Mei 2019 2

RESENSIE: Die laaste Voetganger
[Hersiene, verbeterde, GELDIGE uitgawe]
Gottlieb Sänger is ‘n gemoedelike oujongkêrel van so veertig, vyftig. Hy werk as argivaris by ‘n tydskrif-redaksie. ‘n Rustige lewe midde-in die grootstad met al sy geraas en gedreun en anonimiteit. Probeer hy elkgeval. En hoe bly is so ‘n mens…

Vlam van verwoesting

Deur Datum gepubliseer: 17 Mei 2019 3

As ek maar die vlam kon blus
die vuur wat skroei
en vrede verwoes
se vaalwit was
met enkel traan uitwis
sou die skadu’s
wat bewe van angs
verwater
tot seerkry wat was.
(DjG)

My Vriend

Deur Datum gepubliseer: 14 Mei 2019 3

Jou krag en moed is die vuur wat in my brand,
as ek twyfel offer jy jouself en neem my hand,
jou oë is die rigtingwyser wat my oplig as ek ly,
dit gee my rede om te stry teen dit wat my verlei.

Wanneer gevoelens my harts-balans versteur,
jou…

Plaashek.

Deur Datum gepubliseer: 13 Mei 2019 2

Ek hou van ‘n doodgewone hek.
Wat oopswaai, jou laat saamry
of klapsoen op die bek.

Ek hou van die òù geluid.
Sonder betonende vertoon
of waarskuwende verwyt.

Maak jou hartsdeur wawyd oop!
Jou kallers sal dan huppel
en vry die veld in loop

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 2,896 gaste aanlyn

Bydrae Totale