Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Toerisme

“Europa is ‘n baie mooi plek”

Deur Datum gepubliseer: 19 Maart 2016 11

Maar hier in Afrika
stap ons (soms nog) agter beeste aan –
verby bar fonteine
baan ons onse weë
oor droë lande
en met stofpaaie langs
na velde waar daar weiding is.

8 Kommentaar

Stellenbosch 05-03-2016 (oggend)

Deur Datum gepubliseer: 10 Maart 2016 9

 

Die wit mis baar ‘n denneboom
uit newels oor die herfs wynland
donker stam met swartgroen kroon
pryk beeldend aan die berg se kant.

In die woonbuurt
hou die boerboel wag
agter ysterhek en pleistermuur
en wuif vlinderblomme silwersag
voor die ou stoep om die huis.
Die afdak spreek victoriaans
met ‘n kantpatroon
in broekie lace.

Die watervoor het ‘n bruggie…

Visvanger

Deur Datum gepubliseer: 20 Februarie 2016 11

ek sien jou sit
in neonligkantore
en staar deur ruite
die uitsig is so vaal
maar jy hoor steeds
die stormreën en donder
en op die dak
die gekletter van die hael

 
jy neem jou vlug
oor hemelhoë geboue
oor vuil teerstrate
en bruê van beton
tot waar die son
skyn oor somervelde
en waterstrome
alsó kronkel deur ‘n dal

 
teenaan die wal’
van vol en…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale