Sosiaal oorlede
Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV
WAT KYK JY?
WAT KYK JY? Wat kyk jy? Jy sleepvoet nuuskierig verby en verrek skaamteloos jou skilpadnekkie soos jy saamkyk en, nes talle ander, vermy om te stop. Jy sê dis nie jou plek nie. Waarna kyk jy? ’n Geruislose geraas en vreemde woeling, gestamp en gestoot … gedempte gil. Ongemaklik trap-trap jy uit voeling – dis […]
Stilswye
Granaatrooi geheime dwaal blosend deur die spasies van die gat in my siel waar hulle (soos verroeste krane) bloeiend bloep-bloep drup en afsyfer deur die krake na die krater in my hart waar hulle pateties en stom rebelleer teen my wil en spraakverbod.
Sielshangkas
Sielshangkas Jy het skielik verskyn, rondgekrap en net so skielik weer geloop. Jy het gesoek, gegrawe en gebreek sonder om te vra of jy mag of kan of moet. Jy het ingestap, deure oopgegooi en ou gordyne oopgetrek, die son weer die plankvloer laat skroei. Jy het weggedraai, trots op jou redderswerk. Maar die donker […]
Papierhart
Papierhart jou wankelhand se skribbels is met deernis en liefde georden sodat ons saam mooi herinneringe kon skryf met begrip prettig versier om só die wêreld se onreg en seer sinvol te verdryf toe (onverwags) kom ‘n stormwind ruk met ondeurdagte woord en daad jare se saamskryf los frommel dit onbarmhartig op en smyt dit […]
Bedorwenheid
Bedorwenheid As ‘n blom té veel son té veel water té veel kompos kry en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word verrot die stam verlep die blare en knak die kroon word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand bedoel is om ‘n aangename geur te versprei om met skoonheid te pronk […]
EK VERLOOR
EK VERLOOR (Brons afdeling) Wanneer niks wat ek was meer is wat ek dink nie en dit wat ek dink net nooit meer reg klink nie wanneer frases en woorde eens melodieë was maar nou afkolk in spirale van sin(ne)lose verhale en ek kop verloor dat die trane rol en niemand besef ek raak innerlik […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]
Teenstryd (goud)
Soos ‘n vlietende ewigheidswese moes ek soms my hande biddend om jou vou net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou omdat ek jou lief wou hê sonder vrese maar my mond was vol letsels en vlekke en jy tussen hier en nou op ander plekke. © 9/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese […]