Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Spoke

Nagmerrie

Deur Datum gepubliseer: 11 Januarie 2017 7

Die nag, waar lewe wegkwyn,
is vol gesigte, gerimpeld, lelik;
hul trane van hartseer en pyn
bemoeilik dit om te verduidelik.

As hul stemme in my kop maal,
weet ek, ek is aan die verdwaal;
dan is ek ‘n man alleen en kaal
en verraai ek myself telkemaal.

Kerf vrees se…

Saphira en die Skikgodinne

Deur Datum gepubliseer: 12 Desember 2016 9

Die swart-en-bruin Feetjie Hond loop ongeduldig op en af in die gang voor die gekerfde dubbeldeure. Deure wat lei na ‘n biblioteek wat sy nie mag binnegaan nie. Vir die beste deel van twee dekades irriteer die feit dat net ‘n MacKeltar die biblioteek mag ingaan haar grensloos. Angus…

Saphira en die Toorlied

Deur Datum gepubliseer: 7 November 2016 7

Die swart-en-bruin Feetjie Hond haal diep asem soos sy die koel woud binne tree. Dit het ‘n daaglikse oefening geword om woud toe te kom. As die lus eers vir Eolande beetkry, moet Saphira maar gaan jag.

Nie dat sy omgee nie. Haar beskermling…

‘n Huis sonder mure

Deur Datum gepubliseer: 8 Junie 2016 3

Die dag ná die stootskrapers lê die erf vol bourommel. Eenkant staan ‘n masjienmonster en maal die bakstene, wat eens die sitkamer gevorm het, fyn. Al die kuiers en teedrinkery. Al die begrafnisse en verjaarsdagpartytjies val in fyn rooi stof in die vorm ‘n miershoop. Van die stof beland…

Kolmanskop

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2016 7

In die suide van die Namib
waar die son steeds bloedig skyn
net ‘n entjie oos van Lud’ritz
in die heet van ‘n woestyn

pryk vandag net die murasies
(uit tye baie lank gelee’)
van eens swierig herehuise
aan sand en duine oorgegee.

Sonder slot en sonder…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 61 gaste aanlyn

Bydrae Totale