Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Spoke

Kaptein

Deur Datum gepubliseer: 21 Mei 2019 2

Beste leser. Ek weet wat jy gaan dink. Ek het dit self telkemale al gedink – nee – geglo. Bog. Blote waansin en onsin. Maar ek gaan jou in elk geval vertel. Dis tyd.

Ek het as jong man ‘n brandende nuuskierigheid en belangstelling in die geskiedenis van oudhede gehad….

Kerkhof Kaskenades

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2019 3

Jan van Kerker,
was ‘n harde werker,
vir die eerste vyf dae van die week
het jy sonder rus geswoeg en gesweet

Maar as hy tjaila op Vrydag,
onthou Vrydag is paydag,
ken Jan se voete een pad
en dis na die dorp se watergat.

Dan begin die man flink
sy…

Die sjokoladekoek

Deur Datum gepubliseer: 12 April 2019 1

Die sjokoladekoek

Ouma Betjie stap sleepvoet deur die gang van die ou opstal op pad stoorkamer toe. Agter die deur staan die swaar geelhout wakis waar al haar kosbaarhede nog steeds bewaar word. Sy lig die deksel met ‘n kraak oop en begin soek. Heel onder kry sy haar resepteboek….

Heerser van die Woud

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2019 1

‘Ek moet met ‘n mens praat,’ dring hy aan.

Ek loer vir die elf wat by die hek van die kasteel staan, nie seker of ek reg sien nie. Elfies kom nooit na mense plekke toe nie. Meesal omdat hulle verkies dat ons van hulle s’n wegbly.

Net stilte ontmoet hom….

Hillbrow Blues

Deur Datum gepubliseer: 26 Maart 2019 1

Om die hoeke van Hillbrow huil die wind
‘n lee wiegie , ‘n weggooi kind
‘n doolhof van duiwels
in walms en rook
verslaaf aan die ridders
wat nag lank bly spook

Jou liggaam verpand
en jou arms bly leeg
net ‘n koorsige nag
in ‘n vuil Hillbrow steeg

Jou lewe…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 938 gaste aanlyn

Bydrae Totale