Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Sosiale kommentaar

Oorloos – Vincent se wroeging

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2019 2

Oorloos
manies versteurd
spartel jy deur ‘n hel
van bipolêre sielestryd
van Gogh

Digvorm: Cinquain

Mampara Politiek (‘n Limeriek)

Deur Datum gepubliseer: 1 Oktober 2019 2

Is Cyril nog ‘n wolf in skaapgewaad
wat mamparas van ‘n brose nasie gaan maak?
Selfs met Zuma in die spoor gestop,
bly ons parlement ‘n skandelike flop
en tewens die stront staan ‘n volk paraat.

***

(solank ons kan braai en Afrikaans mag praat)

Liefde vs Geld

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2019 3

Volkome het ek vir jou gelewe
My liefde het bankvas gestaan
Met oë bottoe na jou geslaan
het ek jóú bo God verhewe.
My verstand het my begewe –
jy was die kern van my bestaan;
vóór jou liefde vir my sou taan
was jou geluk boweal my strewe.
Maar gou was ek tot insig gedwing
toe jou…

doen goed

Deur Datum gepubliseer: 30 September 2019 1

stadig verrys wit huise
verberg my duin uit sig
nuwe gesigte en aansigte
verskyn oornag elke week

gaan groet nuwe intrekkers
ons is mos boere mense
baie sê vriendelik dag
ander maar stug

doen goed aan ander
moet niks terug verwag
meeste sal eers bepaal
hoe hoog jou status is

soos ons…

met gesag

Deur Datum gepubliseer: 26 September 2019 1

met ‘n ligte windjie
lê my duin en wag vir die son
vandag gaan die sonstrale bak
elke dag skuif son verder noord
afgemete proses eeue oud bepaal
soos afgemete woorde soms
verkondig word met gesag
gebaseer op ervaring
kennis of net wil
met gesag
gesê:
wees
versigtig
wat…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 81 gaste aanlyn

Bydrae Totale