Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Skool

Die dag toe Sue se switch flip … (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 26 Augustus 2020 1

Die dag toe Sue se switch flip …

Sue sug behaaglik en skop haar skoene uit. Te hel met die huis, die kinders, honde en hope vuil wasgoed wat haar smekend aankyk. “Te hel met julle, ja! met julle ALMAL!” skree die stem in haar kop.

Sy gryp die TV remote…

Grootmaak

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2020 6

vlerke
lig die lug
in ń vakuum
om hoogte te vind.

vlerke
dra swaarder as lug
die bloulig in
om bo uit te kom.

my vlerke is
vas met ander se gewig
wat bal hang en lag
of abba verwag.

Winter Bal

Deur Datum gepubliseer: 13 Julie 2020 6

in die ryp lê die veld
oop en plat
kraak wit tussen lyne
wag stywe droë gras
vir ń spel.

uit warm komberse
strek stywe ledemate
na skoon ruik klere
pak die stryd kleed
in selfvertroue ettikette sak.

gras blink teen voete
wat nat spore maak
altwee vertrap
as die stryd…

Kamer Skoonmaak

Deur Datum gepubliseer: 5 Julie 2020 4

soeke na kennis
is kamer verlaat
na die buite kleinhuisies
die weg is wawyd oop
dié pad terug is verlore.

studente draf
deur hoë deure
luister na warboel sprekers
in helder lesing sale
met teenstrydige geskrifte as bewyse.

doolhof gange
in deurskynende wit
met baie kamers
maar altyd dieselfde bed

Eksamen Saal

Deur Datum gepubliseer: 25 Maart 2020 1

Die saal is vol
met hol maag gevoel
die vloer kraak
onder ń swaar kennis gewig
wat oral los lê,
uit ore geval.

Vraestelle val een een
op blink bruin vlak
flappende vrae wat
antwoorde teen wit
in swart gebied.

Stof staan stil
in ligstraal
as stoele skuif
een begin skryf

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale