Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Sielkunde

Kroniese siektelyers: moet ons nie leuenaars noem nie

Deur Datum gepubliseer: 18 Mei 2016 8

“Mense het net kroniese siektes omdat hulle nie passievol genoeg is oor die lewe nie.”

Hierdie stelling is sekerlik een van die simpelste en oningeligte stellings wat ek in ’n baie lang tyd gehoor het. Wel, dit en “Het jy al probeer om meer water te drink?” asof…

Satan sang

Deur Datum gepubliseer: 15 April 2016 7

Jy met jou lostorring
snymessie tong
torring al my nate los
Jy kom lê en loer
na alles wat ek doen
Jy ruik my swakhede op
Jy weet waar om jou nes te maak
in die warboel van my siel
Ek volg jou so sit-sit
maar so draai die wiel.
Torring maar satan
torring maar los
ek sal jou oorwin
maak nie…

Die Ware Ek

Deur Datum gepubliseer: 4 April 2016 9

Die Ware Ek

Kul jou hier,
kul jou daar,
wat julle sien is nie ek
maar bloot ‘n fassade
waaragter die ware ek
incognito skuil, ‘n skaduskim
sku vir skerp lig se blootstelling—

Janetta – Helena ©

Jou musiek

Deur Datum gepubliseer: 29 Maart 2016 9

My gebroke siel

( wat vol fyn krakies
wat gebreek
en halfhartig gelas –
wat haar beste probeer het
om heel voor te kom
maar steeds
in stukke was )

het geheg
die dag
die oomblik
toe ek jou
die eerste keer hoor sing het

– jou stem
die passie in jou stem
die voel
die verlange
die seer –

jou stem het my
(siel)
opgetel en elke stuk…

Die rooimaan droom.

Deur Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 11

… en dit was
so duidelik soos daglig
(al was dit in die aand)
dat die seer
wat ek gedink het gaan my breek
het my toe skaars geraak.

Jou houe
en woorde
en vloek op vloek op vloek
het nie die eerste laag
van my bestaan deurgedring nie.

… en met ’n glimlag om my mond
het ek onverskrokke
stil gestaan
dat…

Gebruikers Aanlyn

6 Lede, 169 gaste aanlyn

Bydrae Totale