Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Seks

Begeer

Deur Datum gepubliseer: 8 Februarie 2020 1

Diere lus
vervul
in spier en bloed
swel en lek
verwelk so snel
in volvoering.

Lewens so verwek,
bepaal goed en kwaad
deur eeue
van geslagte,
in ń oomblik gebaar
ondenkend in
lus !

Dans van die Liefde

Deur Datum gepubliseer: 16 Januarie 2020 Hou van

Wanneer jou lyf se simfonie
adagio in c mineur
en myne saamsleur
in die suiwer note van die minuet
dan sweef ons saam, ons liggame versmelt
andante in die tango, smeulend groei die ritme
allegretto tot allegro as die paso doble oorneem
styg ons saam in allegrissimo

Laat-lente se stof

Deur Datum gepubliseer: 5 November 2019 3

my delila lippe lag fyn
my voorkop is nat van bid, God en sweet
en ek kyk weer in Sy oë; op
na ‘n gewone wêreld wat niks weet

nou jaag jou asem deur my are
soos vroeg vanoggend
toe die poue vêraf êê-êê
met hul bont vere en deftige…

“Uiteetkoekie”

Deur Datum gepubliseer: 30 Oktober 2019 Hou van

Ek het jou gewaar met jou hipster-rondebril
jou hare wat oor jou fluweel sag skouers veeg
soos jy met gucci of was dit nou chanel
parfuum lyfie verby my sweef

ek wou jou vang met my impressioniste oog
jou boei met my kwas
verewig getronk in die vierrame op my…

Nastergal Wolfram en die 72 Maagde

Deur Datum gepubliseer: 21 Oktober 2019 1

“Dis nie dat jy lelik is nie, dis net dat… nee, ek kan tog nie so oopbek lieg nie. Dis oorlat jy so lelik is.”
“Ons sit die ligte af en jy maak toe jou oë…”
“Nee dankie.”
“Wat van ‘n stukkie geel vet biltong?”
* * *
Soos…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 138 gaste aanlyn

Bydrae Totale