Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Reis

’n Ruimtetuig vir ’n lentekind

Deur Datum gepubliseer: 26 September 2019 3

stuur vir my ’n lugballon
wat deur die ruimtes swewe
verby bome, oor teerpaaie,
deur wit wolke wat patroon
van hier tot daar waar Tulbagh
aan Saronsberg se voete
(in die lente) lê en droom

want
lentekinders kort ’n lugballon
wat deur die bloutes wewe:
oor koringlande – ryp van…

Sprake van hoop

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2019 2

Sprake van hoop

o perste, perste vygie
o doring aalwynblaar
kyk hoe rus die Bolandberge
sommer net maar daar

o dynserige vertes
o ligsteblouste lug
swerfplek vir windswawels
so-heen-toe en terug

o eens verlate vlaktes
o uitgestrekte land
deur wind en water hier gekerwe
tot krans, tot klip, tot sand

o soele, soele…

Lente van ’19

Deur Datum gepubliseer: 20 September 2019 2

Dit was daardie mooiste seisoen
toe ek kaperbriewe
in my eie posbus wou los
geseël met judas-soene en Lot se geloof

maar meer as dit, wou ek migreer
Noordwaards na my milieu
terug na woestynsand en stof
droë rivierlope en ander dinge
wat my en my herkoms kon herenig

dit was…

Lied van die natuur

Deur Datum gepubliseer: 20 September 2019 1

“As ek moeg word vir die lewe in die stad …”
Soms het mens nodig om bietjie weg te breek. Om weer stil te kan word en die eenvoud en ongekunsteldheid van die barre natuur te voel en te beleef.
Dit het ek weereens besef toe manlief uit die…

Kind van die aarde

Deur Datum gepubliseer: 10 September 2019 1

(goud)

vir my sal Namakwaland se blomme
’n duisend danse dans
en die aalwyne by Springbok
sal rooioranje teen ‘n krans

welwitchia sal oeroud stamme
begrawe in die sandwoestyn
iewers in die Namib
’n nuwe blaar vir my laat krul
oor die warm van ’n duin

in die vlakte van strandmere
sal pienk flaminke steeds flamink
ewig sal hul walse
weerkaatsings in…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale