My skatlief;
al is die afskeidneem pynlik,
ons onafskeidelik aan mekaar verbonde
na jou enkele heenreis
deurklief ‘n swerflusvoël die kleurryke lug
bowe die blou see se lang driespelgolwe
en steek sy kop onder in sy vlerke.
My skatlief;
al is die afskeidneem pynlik,
ons onafskeidelik aan mekaar verbonde
na jou enkele heenreis
deurklief ‘n swerflusvoël die kleurryke lug
bowe die blou see se lang driespelgolwe
en steek sy kop onder in sy vlerke.
Die tafel staan gedek
skarlakenrooi tafeldoek
met ‘n witkant oorhangsel
swart kerse weerskante
toonkleurige lapservette en
silwer messegoed
netjies langs die borde
op die plekmatjies gepak
gebakte skaapboud, stomende aartappels
‘n driemaal slaai en ander opgedisde geregte
sy sit aan
kyk na die muurklok
vat solank ‘n slukkie wyn
en wag vir die laaste maal
vir ‘n man
wat nooit weer
sal opdaag…
Met vroutjiesiebie op haar skoot
“kind, die lewe is kort van duur”
my gesin die virus skugtig gerysmier
maskerloos die lewe in hoogty gevier
hul amal is geteken na die dood.
wanneer ek terugkyk oor my skouer
na my koud kouer
…
–
die sonbrand
hou my vandag
in die koelte van
ons spierwit huis
sonder vis, net gebrand
by die huis gekom eergister
die vitamine dee maak darem op
vir die ou bloedrooi velletjies
so is daar dae wat verloop
wat in mens se geheue
vasbrand soos ‘n son
se strale wat jou
vel verbruin en
soms blare
brand
–
©Teárlach