Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Prosa/Stories

Kolmanskop

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2016 7

In die suide van die Namib
waar die son steeds bloedig skyn
net ‘n entjie oos van Lud’ritz
in die heet van ‘n woestyn

pryk vandag net die murasies
(uit tye baie lank gelee’)
van eens swierig herehuise
aan sand en duine oorgegee.

Sonder slot en sonder…

Tussen reënboë en doringdraad

Deur Datum gepubliseer: 25 Mei 2016 7

silwerson en donderwolke
daar bo die baksteen woonstelblok
klou ‘n kolgans in die weswind
aan omber teëls en dak se nok

waar die boulevard oor die N1 baan
sal winterlelies weer so geilwit staan
nóú sirkel duiwe in hul wydste draai
verby ‘n blouvalk en ‘n wegvlieg kraai

*

ek…

Feëtjie Hond Prinsesse

Deur Datum gepubliseer: 23 Mei 2016 9

Eendag lank, lank gelede toe Feërie nog jonk was, was daar twee prinsesse. Hulle was ‘n identiese tweeling. Hulle was Feëtjie Honde.

 

 

Feëtjie Honde het pragtige swart pels met bruin pote, bruin pels langs hul monde, bruin pels oor hul keel en ‘n dik bruin streep oor hul borskas voor….

Die Droomvanger

Deur Datum gepubliseer: 4 Mei 2016 5

Die byna-vergete-skadusiel sluip in die aand deur die stad se strate. Hy beweeg tussen die flikkerende geel ligte wat in die strate brand om hom weg te hou. Hy talm in die donker ranke van middernag, in die kraak van vloerplanke en dakke wat afkoel ná ’n dag in…

Die Uitkamp Kwartet

Deur Datum gepubliseer: 14 April 2016 6

Ek sal regtig nie kan sê van wie die gedagte nou eintlik gekom het nie. Gedagtes word mos sommer so uit homself gestaan en worre. En hierdie gedagte, had ek aanvanklik geglo, was ook so die wêreld ingekome. Later het ek egter introspeksie gedoen en toe ‘n baie sterk…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 59 gaste aanlyn

Bydrae Totale