Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Prosa/Stories

ARTIKEL: DIE ONTSTAAN VAN DIE LIMERIEK

Deur Datum gepubliseer: 25 Februarie 2020 1

Artikel
(BRONS)

Die ontstaan van die limeriek.

Ongeveer in 1820 Het Edward Lear die versvorm bekend laat word deur middel van sy verspotte versies. Die historikus Herber Langford Reed het egter beweer dat limerieke oorspronklik religieus van aard was en hulle oorsprong in Frankryk gehad het.

Hoewel die oorsprong nie met sekerheid…

Skrywers en Resensies

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2020 1

Jy kan die perfekte storie, perfekte omslagontwerp, perfekte taalversorging en perfekte einde hê en nogsteeds minimum boek verkope. Hoekom? ‘n Tekort aan resensies. Mense hou daarvan om te doen wat ander doen en as dit lyk asof niemand ‘n belangstelling in iets het nie (geen resensies nie), gaan hulle…

Boeke

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2020 Hou van

In boeke
lê mense lewens,
opgestapel in rakke
biblioteke vol gevoelens
sonder fisiese fondasies,
vol van mede wesens.

In stil momente
kom die geur van
ou boeke
wat oop maak
met wierook
wysheid
en
twak.

Sweepslag

Deur Datum gepubliseer: 23 Januarie 2020 Hou van

Sweepslag

sit stil!
haar opdrag kil
als onverstaanbaar op radiokerk

ingewurm op ‘n sementvloer koud
benoud

stil! skreeugil haar stem
op radiokerk ingestel
vanuit haar dubbelbed

haar riemsweep lig
my keel in wurg gehul
van radiokerk het ek geen benul

hul stamp en rits ek giggel

brandpyn swiep vlietend vas teen my
styg op kom weer
daal op my kinderlyfie neer

ek verstyf blou ogig…

MY HART

Deur Datum gepubliseer: 17 Januarie 2020 Hou van

MY HART

by branders wat breek verf ek ‘n bloedrooi hart
op ‘n koëlronde klip uit ‘n waenhuisgrot se bek

ek hou dit teen my lewenskas vas
‘n traan drup en word weg gewas
soutwater spletterspat teen my skeen

vêr deur die dorre Karoo dra ek my bloedrooi hart
totdat die maan…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 33 gaste aanlyn

Bydrae Totale