Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ouers

KATELYN SE LULLABY

Deur Datum gepubliseer: 3 Maart 2016 7

Ek vang vir jou ‘n sterretjie my kind
bind hom toe in ‘n moskombersie
en sit hom langs jou kussing neer

Ek steel vir jou ‘n wit ster-stert
en hang hom aan ‘n reënbogie
bokant jou seegras bedjie vir die aand

Ek onderhandel met die maan
‘n straaltjie om te leen
deur die gleufie in jou vensterraam

Ek…

God se lappie grond

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 8

Vrygewig soos ’n geil stuk grond, spruit lewe uit haar,
voorsien en deel sy uit sonder perke.
Soms deurgetrap en verlep onder ’n ongenaakbare son,
verduur sy dikwels ’n somber lot gedwee.
Geduldig en nederig soos ’n lappie grond
wag sy gelowig dat Sy genade op haar neer reën,

Nietemin

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 8

‘n Stukkie van jou is ek maar,
al basuin my lewe jou afwesigheid.
‘n Samevoegsel van jou en haar
is ek, en jy, nietemin, my pa.

traantjies

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 22

selfs die see se sagte kus kan nie
jou traantjies heeltemal uitvee

jy arme verstote misbruikte kind
uitwerpsel van ouer-barbarisme

wat het jy gedoen om dit te verdien
verminkte liggaampie in opdrifsels

opdrifsels van die mens se bestaan
watter reg het sulke ouers tot lewe

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 79 gaste aanlyn

Bydrae Totale