Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Mede reisigers

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 2

Mede reisigers, onbekend
staan soos outannie meubels
verwese
wag op niks.

Een mag verstaan,
voorgee
met skaam oë lag
en staar.

waarnemings

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2019 1

van my sitplek op my duin
loer ek oor die skare heen

families kom verby en lag
duidelik gelukkig met wat hulle het

ander stap haastig verby
soekend na iets wat hul ontwyk

liefdes paartjie wei saggies
oor die mooiste strand wat hul ken

eensame figure stap en stop
tuur na die blou…

VEG OF VLUG

Deur Datum gepubliseer: 18 Desember 2019 1

VEG OF VLUG
“Goeie dôner, Emma, het jy nou wragtag gedink ek gaan jou nie herken nie?”
Die woorde galm in haar ore. Sy was dan so seker dat sy dit vanaand sal vryspring. Koue rillings gly op en af met haar rug.
Wanneer het dit dan…

Onthou om te huppel

Deur Datum gepubliseer: 17 Desember 2019 1

(goud)

Huppel over berge en heuwels
volg die kronkelpaadjies
wat oor veld en vlaktes vurk
en hurk langs die spikkeleier van ’n bloukraanvoël.
Kyk, dit lê op barre aarde
tussen klippertjies en gras.

Skulp die kuiken van ’n kolgans
in die holte van jou palms vas
voel hoe sag voel veredons

Dans asof niemand kyk nie

Deur Datum gepubliseer: 14 Desember 2019 3

o die wind wat so waai
hier oor st helenabaai
my lyf wil net saamdans
met elke flap en flans

gaan haal die reën vriend
bring dit soms onverdiend
speel vir ons die wysie
met elke skuifel trappie

o die wind wat so waai
waarin seemeeue draai
laat my sing en…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 60 gaste aanlyn

Bydrae Totale