Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Poppemeesters en marionette

Deur Datum gepubliseer: 10 Augustus 2020 3

Ken jy ‘n poppemeester in die werklike lewe? Ek ken ‘n paar. Glo my, hulle is goed. Hulle het die poppespel vervolmaak in elke opsig. Ongelukkig geskied dit ten koste van menswees en gebeur dit op alle vlakke van die samelewing.

Heel eerste is daar die politikuste met persoonlike…

Net na dagbreek het ek jou vers gelees

Deur Datum gepubliseer: 30 Julie 2020 7

(goud)

Tóé wou ek weer skryf: oor hoe nagte lewe
as skopsuile in die donker roep
en as jakkalswelpe huil,
hoedat die kras van honger meeue
in die holte van my oor kan skuil,
dat ek die fluitsang van ’n suikerbek
wil eggo met my mond
en dat ek wis…

EK IS – (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 Julie 2020 5

Ek is die seemeeu; speels in die wind
ek is die brander wat met laagwater hoog wil vlieg
en soms is ek die klank van jou stem

ek is die aand saam met jou onder die palms
toe ons nog kon lag en borrelhartig baljaar

maar vanaand is ek die stilte…

Bloedmaan-Karoo

Deur Datum gepubliseer: 29 Julie 2020 4

op ’n ander Karoonag
het die maan bloed gebloei;
roes het haar wang
in die donker gegloei

wat is dit dan
aan die maan en haar lig –
sy heel jou, sy breek jou
sy word ’n gedig
wat binne jou sluimer
en wag op ’n woord
wat jou siel…

Onman

Deur Datum gepubliseer: 29 Julie 2020 7

My Vaderlandsgrond
het modder
aan ‘n strooilat geword –
soveel toutrek en stry
oor baaswees en besitreg
het ontaard
in ‘n woesterny.

Die hand wat met liefde saai
word genadeloos,
berekend afgemaai –
die voedingshand
wat swoeg van vroeg tot laat
vertrap in vergeldingsmaad.

My mond word gesnoer
stom en verbaas
al skree my wese
na geregtigheid en raas.

Plaas dan ‘n wag voor hierdie mond
maak…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale