Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Hunkerdroom

Deur Datum gepubliseer: 7 Augustus 2016 5

Waar slaap oor my kombers
en drome my insluk,
wandel ek in hunker
met hoop.

More wink my nader
terwyl die son oogknip-knip
en nog deurmekaar haar,
met slaap in die oog
na bo strompel en yl glimlag,
want later sal haar strale skater.

My hunkerdroom ontvou
in beelde van jou,…

Saphira en die Dwerge in haar Berge

Deur Datum gepubliseer: 1 Augustus 2016 7

Saphira loop buite die kasteel rond bo-op die berg waarin deel van die kasteel geleë is. Die swart-en-bruin Feëtjie Hond het gehoop dat die vars lug haar beter sou laat voel. Maar dit help nie. Haar kop klop – Feëtjies kry nie sommer hoofpyn nie. Feëtjie Honde kry nooit…

Najaarsblom

Deur Datum gepubliseer: 30 Julie 2016 6

Onverwags, tog welkom,
soos die aangesig van ’n najaarsblom,
verskyn jy in die vaal vlaktes
van my saai bestaan.

In my donkerste uur
verlig jy die hoeke van my siel,
soos ’n lui lente dagbreek
die nag van sy duisternis beroof.

Sag soos somerreën,
sypel jy deur die krake van my…

Musiek vir my siel.

Deur Datum gepubliseer: 25 Julie 2016 6

Die siters van die wind
is my inspirering
kom nestel dit in my siel
tussen trane en drome.

al ritselende
kom lê jou musiek in my ore
in kristal gevoelens
rittel my innerlike vensters

onder die woestyn lugspieëlings
floreer my hart in jou akkoorde
blom die amandelboom
vir nog baie…

My Liedjie

Deur Datum gepubliseer: 23 Julie 2016 4

My Liedjie

Ek hang my liedjie
aan die wag ‘n bietjie
bos
en los
my wrok, liefde en skok
en bloc
met bekorings en verskonings
gelaksman aan sy spyker haakdorings
tydsaam pynlik af te pik
en verteer,elk korrel ‘n strik—

Janetta – Helena [Babs] ©

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale