Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Ontvlugting

Kom gesels met my . . .

Deur Datum gepubliseer: 15 Februarie 2020 Hou van

Hier onder die knus ou wilgerboom
wat lui-lui sy takke slepend wieg in die wind
waar ons as kinders kon speel en gehieme deel
mekaar se sorge en wonde (met omgeedrukkies) wegstreel
wis ek lank reeds jy’t vergeet
van vrolike sonskynsomers
en koesterknus winters

jou menswees reflekteer
‘n seerkrykant
teen…

Oor Pearly Beach (’n brief aan Shirley van Engeland)

Deur Datum gepubliseer: 9 Februarie 2020 1

Beste Shirley

Ek loop vanoggend met ’n voetpad langs
deur skouerhoogte strandveldbos
oor gladgeskuurde klippies
(deur die eeue hier gelos)
tot op die wye ope strand.

Ek sou ewig hier wou bly, as ek kon.
Op hierdie plek waar branders
sonder ophou
oor die aarde breek
(dié plig hul opgelê, wil…

Bacchus

Deur Datum gepubliseer: 5 Februarie 2020 Hou van

(Brons)

Lang Piet Jood van Hugenoot
Het geboer tussen die hanepoot
Toe Bacchus hom kierang
Die vog hom sleg vang
Die oorsaak van sy val ʼn wingerdloot

Ystertenk Denke

Deur Datum gepubliseer: 4 Februarie 2020 Hou van

dun gerippel
staal gerond
son hoog gelig
in winter se kou.
die houer
wat suiwer water hou
diep gegrond.

Verhewe bo gewerkskaf,
in die hoogte.
alleen bereikbaar deur
moeilik staal stelasie te klim.
sonder enige wêreldse
hulpmiddels of waardes.

O, om in die winter
bo-op die grys grou
dun staal te…

veg of versoen

Deur Datum gepubliseer: 29 Januarie 2020 1

met draai van die wind
het onweerswolke dreigend
hul weg deur hierdie land gevind

van alle kante donder en blits
weerbarstige opstandigheid
deur onreg en onmin aangehits

talle voorsprake van doemprofete
het rigtingloos verwarring gesaai
hul dwase doel, laat heilig deur die middele

midde in hierdie verwoestende storm
wik en weeg ‘n…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 70 gaste aanlyn

Bydrae Totale