Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Nostalgie

Intermezzo in die huis van donkerte II

Deur Datum gepubliseer: 21 Januarie 2020 1

Kraaibekman moes allermins tot die allerminste,
behaag wees met die buidel :
Die Uwe Mnr Taks Getaks; sy koelrond,
bleskop-boebpens-baas sit en raas-

As ‘n Gedorie sy naam sou hoor
het hul skoon hul spore verloor
en mens sou glo ‘n Ditt kon toor,
die mol se gat is…

Die lampman is dood

Deur Datum gepubliseer: 20 Januarie 2020 1

(Goud)
hy
wat in stilte sy werk verrig
terwyl niemand daarvan weet nie,
hy
wat die lampe moet aansteek,
die paraffienlampe
moet laat brand

kyk hoe stil lê sy hand
langs sy roerlose liggaam
op die klippe en die sand

hy
wat die lig moes bring,
wat die lampe vir ons…

Pelgrimstog

Deur Datum gepubliseer: 18 Januarie 2020 3

Brons

vir oom Frik Steenberg, ‘n vriend en digter (1943-2018)

Ek wou nog een maal hier huil
waar kleur in blomsaad rus, die lug wegsterf
as rooi katstert en kalkoentjies oor ver stiltes
klim-klim teen ‘n sandknop uit.
Hier word die onthou, sag gebrei op die skraapklip
droëntyd en hartbreek aanmekaar…

Die dag toe jy wou onthou

Deur Datum gepubliseer: 16 Januarie 2020 Hou van

Sal jy luister in die kil-
vierkant van jou eenkant hoektuin
op jou draadstoel oor jou draadloos
na my verdwene stem onder die perskeboom;

toe die rooivink hul eiers nes in die wilgerboom
en ons stroom om die dam
loer jy uit die hoeke van die spieëls van jou oë

Wie sal verstaan

Deur Datum gepubliseer: 14 Januarie 2020 1

Opgedra aan my Pa en twee broers

Wie sal verstaan

Wie sal ooit die hart van ‘n boer verstaan
waar hy stadig kyk hoe alles vergaan,
met ‘n sware, sinkende, stukkende hart
voel hy die natuur en dier se roue smart.

Wie sal ooit die traan van ‘n boer verstaan
waar hy bewoë knielend voor die…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 76 gaste aanlyn

Bydrae Totale