Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Nostalgie

Steenkooltrein (oktaaf)

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2016 7

Die Ou Steenkooltrein

Ek onthou die amegtige asmatiese steenkooltrein
op ysterspore se klikkeklak klikkeklak wielrefrein
en die lokomotief wat tjoek tjoek die stasieterrein
nader en met luide trompetter en ouwêreldse grasie inry—
Dan word sissende eers stoom afgeblaas in ‘n walmsprei
soos ‘n duisend seroete se rookwolke…

Wat word van Afrikaans

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2016 5

Verskuild rus jy in Sarie Marais wat ver is
en jodel as jy die wandelpad stap
wanneer jy moeg word vir die stad

Soms toer jy na die ou Kalahari
op die rug van ‘n blink vosperd
as jou woorde Suikerbos-soet stroop

Die koffie in die kan…

Kolmanskop

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2016 7

In die suide van die Namib
waar die son steeds bloedig skyn
net ‘n entjie oos van Lud’ritz
in die heet van ‘n woestyn

pryk vandag net die murasies
(uit tye baie lank gelee’)
van eens swierig herehuise
aan sand en duine oorgegee.

Sonder slot en sonder…

Bloedrivier

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2016 8

Bloedrivier
die slag wat in herhaling lag
omdat ons dit aanhou veg.

Wat is verkeerd?
Wat is reg?
Elk dink langs sy eie weg.

Opinies
Denkwyses
Riglyne
Strewes

Bloedrivier
trek weer laer,
want ‘een’ volk kan steeds
nie saamskaar.

Wat is verkeerd?
Wat is…

Jou naam in sterrestof

Deur Datum gepubliseer: 26 Mei 2016 6

Jou naam het ek met sterrestof
in die maan se buik loop skryf
wyl die sterre skaam beaam
as planete swewend verbydryf

Toe die son sy goudstraal kwas
sonneblom hoof hemelwaarts rig
stap ons kaalvoet deur die kraal
om room vir koffie te loop haal

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 58 gaste aanlyn

Bydrae Totale