Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Nostalgie

Hy was toe ook bad news (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 18 Augustus 2019 Hou van

Hy het my gefriend request,
my eerste liefde,
op facebook –
sy gesig na veertig jaar
‘n agteroorskopskok
van seer en dwarrels en bloei
van waar en wat, hoekom,
van onthou en wat kon wees –
ons vier dekades vloei,
versmelt so bittersoet
met my hart se steeds
bekende…

Die langbeen Perd

Deur Datum gepubliseer: 6 Augustus 2019 1

Die langbeen Perd
het uit ‘n mandjie geklim
en van sy stert ‘n kwas gemaak
die langbeen Perd
loop nou sonder stert
om ‘n winkelhaak draai
stories té ry

Die langbeen Perd
hou nie van outokrate nie
hy praat sonder tong
hy het na die maan gebeuk
oor sy…

Laat Middag

Deur Datum gepubliseer: 4 Augustus 2019 Hou van

Die son vang
en
laat gaan
dis,
laat.

Ou man se wang
‘n Outeniqua hang,
trane glim in
laat lig
straal.

Woordakkoorde

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2019 1

Ek wil jou tenger
in ‘n vers
tussen die letters
van my hart troos,
sodat dit soos
‘n lokomotiefloods
ons liefde oorlaai.

Dan wil ek jou gevoel
oprui met die majesteit
van n maarlyfpen
en inkspuitings
van my digkuns
diep in jou hartskreke
infekteer.

Sodat jy in die sy
spinners van…

Inkstroop

Deur Datum gepubliseer: 31 Julie 2019 1

Binne die kwes
van ‘n krioelbroei pen,
is my inkstroop die
sap
wat jou dors lees
in die tint
van woordtalent.

en soos die oogbal
oople
in die oorsprong van
my woorde,
word my inkstroop
oksaalsuur
op geribte skryfpapier.

tog sal my letters
weer lewe
al raak in op –
en…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 68 gaste aanlyn

Bydrae Totale