Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Natuur

Ontsnapping

Deur Datum gepubliseer: 25 Junie 2020 Hou van

(goud)

Ek lê in my armbuurt
saam met ryk mense
en ek hoor hoe baldadig
hulle in oorvloed lag en rondval
dronk gesuip aan hul eie ego’s

al wat ek wil doen is op die rug
van ‘n wilde perd spring
‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke
en hierdie plek…

Onderstebo Boom

Deur Datum gepubliseer: 24 Junie 2020 Hou van

die hout wortels
anker om klippe
grou na water
mis en ander goed.

haar wortels lek
grond voedsel los
maak dit een muti
vir mense en woud.

grondslag lê in wortels
al is die groen kompos
in vêr af aashope
ongeag die seisoen.

Woestyn Pad

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2020 1

vlakte in die kaal kaal
vaal land,
die rivier fondasie ń naalstring
van groen en hoop
wat eeue alleen baklei
vir lewe.

weg, na…,
sny vêr oor dorre land
glowe sand spoel aan,
wit gras skuim
om kaal koppe.

Diè pad is
verveeld doel gerig
min slaggatte wat ritme…

Om vry te wees – soos berge

Deur Datum gepubliseer: 19 Junie 2020 Hou van

(goud)

Die bolande se berge
lê uitgestrek voor my;
die kranse en die klowe paradeer
millennia se verhale
by my hunkeroë verby.

Hoe vry moet dit nie wees nie
om vir ewig so te lê nie
(terwyl fynbos teen jou hange groei,
wingerd aan jou voete bloei)
en die hele wye…

onder sterre

Deur Datum gepubliseer: 18 Junie 2020 Hou van

sondermaanse lug
vergroot elke ster se lig
donker lugruim verdig in mis
hoeveel sterre is daar vanaand
wie sal weet – miskien daar hoog
waar ruimtetuie vlieg kan jy tel
wat verwonderd afkyk op ons
wat hier op die stoepie sit
met komberse om ons
om die koue te…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 59 gaste aanlyn

Bydrae Totale