Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Musiek

Rose pienk en Jakarandas pers

Deur Datum gepubliseer: 28 Julie 2016 7

rose pienk en jakarandas pers
ek sing vir jou ‘n bloublomvers
van laventelbos en roosmaryn
van lelies geel soos die son se skyn

malvas bloei steeds in die bloedste rooi
dis die swartoognooi wat flikkers gooi
oor die heiningdraad rank haar ranke groen
sy kleur haar blomme in ryp lemoen

en…

Daar’s feetjies in my bos

Deur Datum gepubliseer: 8 Julie 2016 9

Gisteraand, tot die uitbundige genot van die kennisse en vriende en familie, het vroulief kiekies van 26-jaar gelede, van ons as jonges en studente, op die wereldwye skerm geplaas.
“My kiekies is verwysings, my lewensinventaris die ensiklopedie van my bestaan. My kiekies is bewyse vir die feit dat ek…

Daar was ‘n mossie in Parys (vir Natalia ~ lente 2015)

Deur Datum gepubliseer: 6 Junie 2016 15

die lenteson kruip weg, my kind
die wind waai koud, ek weet
die wolke lyk na reën, my kind
maar laat ons nooit vergeet:

die witste lelies kelk deur modder
die hardste klip slyp tot diamant
en die mooiste, mooiste sterre
lê tussen ruwe rotse op die sand

My Ghitaar

Deur Datum gepubliseer: 11 April 2016 19

My Ghitaar

My ghitaar
het lank slapsnare klankloos
verlate en stom in die hoekie gestaan—
Vlugge grepe en dartelende vingers het
lanklaas sy snare getokkel en gestreel,
maar ek het hom nou gestem en die
snare styf gespan want ek wil vanaand
vir jou soos ek lankal wou ‘n hartsliedjie
sing soos ‘n minnesanger van ouds,
‘n serenade van…

My liedjie

Deur Datum gepubliseer: 5 April 2016 9

My liedjie My liedjie

Ek hang my liedjie
aan die wag ‘n bietjie
bos
en los
my wrok liefde en skok
en bloc
met bekorings en verskonings
gelaksman aan sy spyker haakdorings
tydsaam pynlik af te pik
en verteer, elk korrel ‘n strik—

Janetta – Helena…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 98 gaste aanlyn

Bydraes – Argief