Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Musiek

Skou Dans

Deur Datum gepubliseer: 29 Junie 2020 5

die mense dans
op maat van doem doem
tot by Mozart
minuette.

hul ledemate beweeg
swaai in maat
met maters sonder tal
in altyd dieselfde dans.

met musiek verlate
verstar die dansers
ń groot ontdekking
om in stilte se dans.

Straat Musikant

Deur Datum gepubliseer: 20 Junie 2020 4

groot vervoer brul
verby die gekor van karre
met duur bril tannies
wat vir parkering shop.

geel baaitjie wagte
hoor straatbos musiek
voor rykgat winkels
langs huur direkteur kantore.

hy speel sy fluit
van chinese kwaliteit
voor ń afwesige gehoor
vir my siel.

Was Liedjie

Deur Datum gepubliseer: 5 Junie 2020 4

was die kleedjies
fyn stukkies onderklere
growwe werks pakke
in harmonie.

hanger die was
op verskeie lengtes, hoogtes
in vyf lyne met vier gatte
as blad musiek.

stryk die was
streel elke garring draad
bêre in lewenskas
as musiek.

Kitaar Maats

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 5

ons speel
snaar musiek
in nature trillende
harmonie.

glimlag oor sessies
tussen vloer en muur
gesimfonie is ons
in klank.

snare snap
brue knak
gebroke kitare huil,
óns naal prik druk
sal speel in ewigheid.

Jy Bring Die Mooi

Deur Datum gepubliseer: 3 Junie 2020 12

Jy Bring Die Mooi

Vers 1:
Baie oë kyk jou mis
Laat hulle maar oogklappe dra
Dis hul verlies as hulle nie kan sien
Watse mooi hart jy saam met jou dra

Vers 2:
Baie gee net een kyk
En maak dan hul eie gevolgtrekking
Hulle kyk net veldiep
En…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 79 gaste aanlyn

Bydraes – Argief