Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Musiek

Waterorrel.prag

Deur Datum gepubliseer: 28 September 2020 5

in elke melodie tower die kleure mooi
soos fonteine spuit op die ritme van die wysie
in verskillende kleure opgewek in groen geel en rooi
die liefde getooi op elkeen se lysie

kleurloos val die druppels so dou
terwyl ons die liggies alles in kleur aanskou
verbasend aan al die…

Afrika Dreun

Deur Datum gepubliseer: 23 September 2020 2

Afrika dreun
in bas stemme
mooi diep.

vroue styg
bo die warm klank
in naakte Afrika.

‘n tangodroom van Turkye(silwer)

Deur Datum gepubliseer: 9 September 2020 4

darteldroom my losboswuif
dans-dans my woordelyf
my voete tango-jango in Turkye
in ligbelampde tye
soos ‘n noot die pad beduie
en akkoorde my laat kantel
hou ek ophou wandel,
want my hart is ‘n draaikolk
my hart is ‘n skemerskelk
verlief op ‘n, verlief op ‘n…
nes ‘n blom kan hy verwelk
psigedelies kwinkeleer-
in ‘n tangodroom van Turkye

©Morné du Preez

METAMORFLOOS (goud)

Deur Datum gepubliseer: 15 Augustus 2020 8

môre stap ons weer
oor ‘n onbekende pad
saam met bekende
vreemdelinge
verby ongedefinieerde oomblike
deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke
en luister na ongehoorde klanke
saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers
en probeer meerdimensioneel wees
in die illusie van ons bestaan
asof ons grense…

Musiek

Deur Datum gepubliseer: 12 Julie 2020 8

note
tussen vyf swart springtoue
as singende gooitoppe
is kinder klank.

klank in harmonie
resoneer as musiek
uniek in elke oor
as rustig of geraas.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 104 gaste aanlyn

Bydraes – Argief