Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Musiek

Jaloers Musiek

Deur Datum gepubliseer: 21 Maart 2021 1

adagio* maat
te stadig
vir dans

adagio ma non troppo*
regverdig
nou dans

staccato forte*
dans jaloers
alleen

* Musiek terme wat stadig (adagio), nie te stadig nie (adagio ma non troppo), skerp en kragtig (staccatto forte) as uitvoer instruksies aan musikante is.

lied van ons saamwees (BRONS)

Deur Datum gepubliseer: 30 November 2020 6

vir jou het ek ʼn sonneblom
gebêre in my Bybel
daar waar ek jou naam
skryf in ons liefde gehul
ons lied komponeer ons
met meesleurende melodie
en helende harmonie
kom wals met my my lief
as ons die lirieke laat lewe
dan tango ons saam op maat

Voor jou naglied taan

Deur Datum gepubliseer: 5 November 2020 6

Bekoor my met die sekelmaan
wyl jy die ou ramkietjie speel;
voor jou naglied se deuntjie taan,
bekoor my met die sekelmaan.
Op Reënboogbaai vêr hiervandaan
as jy my hart op slag wil steel;
bekoor my met die sekelmaan
wyl jy die ou ramkietjie speel.

STILDORS (goud)

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2020 5

Ek pluk ‘n vrug
iets soos ‘n apple of ‘n vy
ryp en groen net vir my
en gee dit vir jou

ek kyk hoe gulsig jy eet
oorhonger en vraatsig
– verslind jy alles tussen jou vingers
dit maak my mal

jy is honger en ek
        *

Oer oue liedjie (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 26 Oktober 2020 3

Daar is ʼn liedjie
wat mense steeds wil hoor
die oer oue note
wat vir eeue
die mensdom bekoor
sal hul na luister
oor en oor

die instrument
ʼn Skeppingswerk
immer nuut
met ʼn suiwerheid van noot

eers word jy jou gewaar
van die groeiende
bariton klanke
al harder en harder
totdat dit forte
met ʼn grootse gerammel
dan na die donderende klanke
volg die sagte andante
van…

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 142 gaste aanlyn

Bydraes – Argief