Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Mishandeling

Die oproep

Deur Datum gepubliseer: 20 Oktober 2020 1

(927 Woorde)

Ek skrik van die skielike gelui, dat ek die koppie lou tee omstamp en ‘n klein ramp oor my papierwerk veroorsaak. Dit neem my enkele oomblikke om die klank te identifiseer. Die meganiese gelui van die ou landlyn telefoon. Ek kan nie eers onthou wanneer laas ek die…

Oue Onthuis

Deur Datum gepubliseer: 5 Oktober 2020 3

die skottels sit
wit oog teen
droë oumens vel mure.

smag na oond warmte
in die koue
oggend lug.

stadig gly gordyn
oor verrimpelde gesig,
leë vlak koue wateroë.

Vergifnis

Deur Datum gepubliseer: 9 September 2020 2

in die loopgraaf van my gemoed
skink ek vir oulaas ʼn kelkie bloed

tussen vergeelde liefdeswoorde
lê vele vergete beloftes
verdwaal in rym en akkoord

want jou dade het dit weerspreek
jou hande tussen waarheid en leuen
verdwaal geraak
die teenoorgestelde begin praat

nou staan ek hier voor jóú loopgraaf
en strooi…

Augustus maand is Vrouemaand!

Deur Datum gepubliseer: 22 Augustus 2020 3

Liewe Here, hoe lank nog? Hoe lank moet ek nog op my tande kners want emosionele mishandeling is eintlik fisiese mishandeling teen my siel.

As Mammie doerie tyd in die toekoms kon kyk en heeltemal verstaan het dat baie dinge alreeds bo blink en onder stink was, het sy seker…

Gekwes

Deur Datum gepubliseer: 16 Augustus 2020 3

hoog en vry gevlieg
gesweef en luggolwe gery
in sagte weiding
genotvol neergevly

maar toe … onverwags
die harde knal
‘n tongskoot
wat neerfel

bebloed bly lê
met oë stofbesmeer
ondenkbaar die pyn
wat wil besweer

willoos oorgegee
gekwes en mank
gemoed fladderend, onmagtig
om weer rigting te vind

met moeite op te…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 41 gaste aanlyn

Bydrae Totale