Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Liefde

Asemloos

Deur Datum gepubliseer: 22 Oktober 2019 Hou van

onder die koelte van jou wingerdboom
bot my vreugde, my geluk
het jou gebede my siel oorstroom
kan ek my toekomsdrome kom pluk

op jou klam gras
ontdek ek die roete na jou prieel
waar ons lywe perfek inmekaar pas
het jou liefde my hart geseël

jou soet korrels
prikkel my…

Nastergal Wolfram en die 72 Maagde

Deur Datum gepubliseer: 21 Oktober 2019 1

“Dis nie dat jy lelik is nie, dis net dat… nee, ek kan tog nie so oopbek lieg nie. Dis oorlat jy so lelik is.”
“Ons sit die ligte af en jy maak toe jou oë…”
“Nee dankie.”
“Wat van ‘n stukkie geel vet biltong?”
* * *
Soos…

Net voordat ek gaan

Deur Datum gepubliseer: 19 Oktober 2019 1

Net voordat ek gaan

Hier lê die wêreld nat –
deurweek met water
en wolke trop
soos witwollammers teen die blou.

Ek vertel dit net vir jou
al vrees ek, verhale oor die weer
kan soms verveel;
ek en jy kon nog altyd
die son en wind en reënval deel.

Ek vind dit vreemd hoe stilte werk;
ek’s half bewus…

Die kleurgrens van liefde

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2019 3

Soms kan die reis na liefde moeisaam en emotioneel wees, blou lug, geel son, groen gras en met ’n reënboog van kleure wat tussenin rondbeweeg. ‘n Jong vrou het in trane uitgebars, en ’n huilende jong man het weggestap, nog ‘n liefdes teleurstelling het stil tussen hartseer en pyn…

Want die liefde is nie blind nie

Deur Datum gepubliseer: 18 Oktober 2019 4

(Goud)

Ek weet jy loop soms met ’n blink vlei langs –
’n vlei waarin die wolkelose hemel
(in die koelte van die oggend)
vir eeue reeds skakeer.

Ligte briese wapper deur jou hare,
pluk-pluk aan jou pante –
die kleur van konings is jou hemp.

En hoe sal ek jou oë…

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 118 gaste aanlyn

Bydrae Totale