Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kuns

Kaggel wyn

Deur Datum gepubliseer: 25 Februarie 2016 10

Die nag is warm en kleef aan my vel
dis alleenheid se asem
wat oor my moeë liggaam blaas
en my hoendervleis laat uitslaan.

Alleenheid.

Ek is nie eensaam nie
ek verlang net na jou.

Oë toe
probeer ek jou voel…

SHOWVILLE

Deur Datum gepubliseer: 24 Februarie 2016 9

 

dis Showville in Bethulie
en die hele dorp is daar
op stoele netjies uitgepak
– in rye – langs mekaar

daar’s ‘n poet en ‘n sanger
en drie rappers wat moet spook
want die vyfman wat pantsula
dans die houtvloer aan die rook

maar buite in die kampkerkhof
tussen graf van kind en vrou
sit daai boytjie van Bethulie
(hy’t…

Die vier seisoene storie.

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 14

Daar is vier strande in my hart.
(Amper soos die spoke
in daai cliché Kersfees-stories.)

En as ek moet begin
sal ek sal begin by die verlede
my verlede
op die warm strand
met spierwit sand
wat jou voete brand.

Daar waar die water warm is
en die bome skaars is.

Die strand waar al my seer gebêre is
en…

Droë blare binne my.

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 7

Ek dink ek moet ’n vuurtjie maak.

Nee,
nie vir braai nie
ook nie om my te help ontslae raak
van die ontydige klouende koue binne my nie

maar
om die droë blare in my tuin te brand.

Droë blare binne my.
Droë blare wat al die geheime seer
en al die geheime kwaad
wat ek steeds binne my…

Skoenlapper sag

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 9

Skoenlapper wyd wapper jou vlerke
Skoenlapper wyd wapper jou vlerke
as die reën sag stuif op grasperke
vertel jy ‘n storie oor die natuur
wat sag hier in my hart kom lӗ

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 58 gaste aanlyn

Bydrae Totale