Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kuns

Ink Gala aand – die groot verdwaal

Deur Datum gepubliseer: 28 Oktober 2019 1

26 Oktober 2019. My eerste Gala aand. Die senuwees knaag soos ‘n honger rot aan ‘n sak oorryp mielies. My hare word ‘n dieper skakering silwer.
Klein Mathew word 5. Ouma se huis is die idiale tussenhuis vir almal. Pluspunt… Ouma het ‘n swembad. Oupa kry…

Uitvaart

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2019 Hou van

In die buitelug se gelaatsbeeld
is reën in volle bloei
met korrels wat afkug
na die lakensvoller land
en hier in my krog brilledoos
beletter ek liglaaiend jou skilderlyf
en stuur dit met ñ geelvlerkduif
verby wolke tot in die hemelalkoof
vir jou gevoelvolle potblou oog

omdat jy is ingebalsem…

Staatsbuideldiere

Deur Datum gepubliseer: 16 Oktober 2019 2

As die Kangaroe in haar kapoes woorde drae
en volstruisagtig aanprikkel
soos staatsbeamptes eierkop
sit almal soos stoepkakers
met kameralense en fotosinteer

vuiste gebol en moue opgerol
almal uit vir ‘n koppie-teë,
daai girls met bubblebutt-houdings
en fors manne met egotistiese:
“check my uit, check you uit”

word almal in…

Lapis lazuli

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2019 2

as
witborswolke skreeu
oor die hemel se verlanglys
speel sporadiese reën
ñ sagte lied.

die lugkleur word al witter
tóg blou in die gewelf diep
soos jou oë se asuurblou
met kistralle van goue piriet.

omdat nét vlugtige korrels
sputter potblou in lapis lazul’.

*lapis lazul – ñ blou steen

©Zebilon Kochk

Sonneblomme van Van Gogh

Deur Datum gepubliseer: 13 Oktober 2019 1

ou afoor trommel
langs bye wat mompel
plak hy ‘n stoeltjie
onder die hemelse doek

die helder son dompel ‘n
sonneblom helder kwas
van ‘n veer geplakte heelal wat
saam soet olie meng

lig skadu’s donker
donker die swaar kwas
gloed die vlam van ‘n brandende
sonneblom

die tyd draai aan
die…

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 86 gaste aanlyn

Bydrae Totale