Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Kuns

Interdimensioneel

Deur Datum gepubliseer: 9 Januarie 2020 2

Ok hier is die waarheid ek was onder die indruk dat ek kan Haikoes doen maar met misgeplaasde hoop lol so toe hou ek maar van die werkies en benoem hulle “interdimensioneel” sê maar dit is die “inbetween stuff” gedagtes en woorde wat saam rondryf.

⦁ Ek het tot nou stilgestaan

Geen grysliggenesing (Brons)

Deur Datum gepubliseer: 8 Januarie 2020 2

Toe die oopgesperde
hemel
sagglinsterende sterre
buitesluit
en my
koningparadysvoël
(uit sy vlerkskild)
met dollevlug
sy luggesig
vaal okkult met
vasgemiste wolke.

het versperrende reën
se wintervioliere
my dryfysige hart
karig gevoed.

Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
3 Januarie 2020

Digter

Deur Datum gepubliseer: 1 Januarie 2020 1

In die voue van my maag
lê onverwoord of verwerk
onbekend in my gedagtes,
van my hart.

Grommend die woorde
soos ’n slegte stukkie kos
onverteerd in my,
maag.

Dit maak geluide
gee seer stekies,
ń ongemaak wat
Wil uit.

Dit krul en gly in my
swart-rooi binneste,
kom skielik sonder wag

Sy dans (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 1

Die dekseltjie lig stadig, tergend
en wys skelmpies, asemrowend,
die tintelende geheimenis
van waar die fynste engel-feëtjie
skuil as sy weg van die wêreld is.

Die plaatjies begin een-een pluk
aan tandjies van die orreltjie
en saam met die wyer oop
neem Für Elise soos ‘n klokkie,
kristalklank, sy oorbekende…

Slaap

Deur Datum gepubliseer: 31 Desember 2019 1

Slaap

‘n bed van dun
staal gemaak
toe skeef getrek
ń vakman se vrees.

beoordeel as deur braak
kuns
genaamd slaap.

my vrou
sag, skeefgetrek
slaap.
vreedsaam met geen,
mooier

genaamd liefde.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 63 gaste aanlyn

Bydrae Totale