Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

Vlietende Gedagtes

Deur Datum gepubliseer: 28 Februarie 2020 1

gedagtes stotter
flikker ongemaklik deur
die newel van
gister, môre drome
sonder definisie
of herhaal.

wakker skrik, was.
wag dan vir
die vel om te klat
in spatsels
van onthou.

vat raak
die vae gevoel
van party sinapse
wat ongenooi wikkel
in die brein.

altwee is ewe ongemaklik
vlietende siel momente,
as…

Uitkoms

Deur Datum gepubliseer: 26 Februarie 2020 Hou van

Middag wolke
bo son gebrande gras
in ń dorre land.
bruilof lakens
op vloer uitgegooi
vuil en alleen.

Wolke bou
eers wit
dan grys op swart
en nat.
lakens gevormel
eers vaal
in bruin vuil water
en nat.

Son gebrande velle
eers vuil droog
nou skoon gewas.

Rou siel

Deur Datum gepubliseer: 25 Februarie 2020 1

ROU SIEL

Rou is my siel in hierdie dag, wat is dit waarna ek smag
vrede vir myself, my wese, in my binneste is dit nag
dis donker, die rou, ek roep uit, wie sal my dan red
ek onthou, toe ek klein was het hul gesê dis net gebed

op…

Skrywers en Resensies

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2020 1

Jy kan die perfekte storie, perfekte omslagontwerp, perfekte taalversorging en perfekte einde hê en nogsteeds minimum boek verkope. Hoekom? ‘n Tekort aan resensies. Mense hou daarvan om te doen wat ander doen en as dit lyk asof niemand ‘n belangstelling in iets het nie (geen resensies nie), gaan hulle…

Dankbare Gordyn

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2020 1

As alles swart,
is.
moeilik, onvergenoegd
tot maag naar word.
verlore geld, vriende, tydelike
vertoon,
spoed verligting
deur klein wit pil
of gods geloof,
altwee
is skyn bestaan!

Die donker wolke
wat nou en aanhou
bou,
slaan weerlig strale
wat saad ontkiem,
en onbankbare verligting bring.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale