Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

Ek wil lewe (goud)

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2020 3

Vat my enige plek saam met jou
enige plek weg van hier
enige plek waar vergeet kan verlig

‘n plek met purper plesierighede
soos in die mik van jou arms
of oor die heuwels van jou heupe
waar jou hande veilig oor my kan veld
‘n plek waar buite ‘n…

Metafoormens

Deur Datum gepubliseer: 29 September 2020 2

Ek het gisteraand aan die slaap geraak
in ‘n sterrebed met jou hier aan my sy
ons het soos dryfsiele in jou bed gesweef
‘n hele nag later wakker geword en geweet
die lakens tussen ons is te dik
die kamer ruik na slaap en sweet.

Jou hande het nog…

wil

Deur Datum gepubliseer: 27 September 2020 3

elke nuwe dag bekroon my blydskap
elke asemstoot bevestig my Verlosser
subtiele bewegings of kadens is Hy by
geen strand of wilde rivier of Hy is daar
my duin weerklink van Sy genade lied
alles wat is en wat was en nog kom
my kort lewens jare daarin gespin

Ek soek jou

Deur Datum gepubliseer: 25 September 2020 3

ek soek jou in die skoonheid van die natuur
daar waar my roksoom raak as ek gaan sit en wag
waar water druis kan ek vir ure stil tuur
op soek na jou beeld ‘n oomblik in pag

ek soek jou in die blou lug
wanneer drome rondom my wentel

Waardigheid

Deur Datum gepubliseer: 24 September 2020 3

ons vra raad
in omdraai donker kamers
waar kundiges agter deure lag.

verwerp wete
kennis word onteien
onderneem die ondeurdagte.

klim die mure
val in die pad
na eie waarde.

loop jou pad
die rigting is duidelik
al wat kort is jou stap.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 50 gaste aanlyn

Bydrae Totale