Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

Brief aan my kroos

Deur Datum gepubliseer: 10 Maart 2016 11

Wanneer die kersvlam
flikkerend verflou
sal jul o sal jul
my dierbare kroos
die omgee en liefde
van jul mamma onthou

Soos donderweer dreun
weet ek was ook bang
maar dis net Liewe Jesus
wat Sy reëndruppels vang
so wees dan nooit bevrees
kyk ek sal in…

Al sou dit

Deur Datum gepubliseer: 9 Maart 2016 8

Al verdor diep rivierlope
en Moeder oseaan verdamp
al sak die son skielik in suide
woestyne word woeste oases

Al draai sonneblomme na die maan
en eendaglelies blom deur die jaar
al sing seemeeue luidkeels opera
as krieke begin in damme baljaar

Al vang visvanger gif skerpioene
watervalle druis met sitrussap
al kuier die valk by muis se kind
sou…

Seetoneel

Deur Datum gepubliseer: 8 Maart 2016 10

Stil seemeeue swiep skeef
oor boeg van vissersboot
soos soutbelaai sproei kleef
aan maste reeds erg verweer

Drie Dolfyne hoepeldans
op ritmiese riffelgolwe
terwyl ou oom anemoon
als stom staan gadeslaan

Tjokka en sardientjiegeur
vul die dek se atmosfeer
Skipper se bytels glinster blink
in goudstof van…

See se geur …

Deur Datum gepubliseer: 4 Maart 2016 12

ek skep vir jou ‘n emmer vol
van die see se geur
dan stuur ek dit met spoedpos
om jou dag in te kleur
as jy die emmer geur kry
en ruik hoe see-skoon dit is
sal jy ook weet dat ek jou
met elke asemhaling mis

By wyse van bloei….

Deur Datum gepubliseer: 2 Maart 2016 10

Die ware horison
van my
in jou
lê onderskeidelik
soos die son
wyd uitgestrek

geel in oranje
diep rooi in geel gemeng
ñ refleksie so waarneembaar
in die oog van jou
toenemende kontradiksie
wat sagkuns
hier voor my afspeel

soos ligstrale dans
in die wind
ongesiens
net ñ gevoel
hier teen my wang

my liberaal
soos bloeisels wat innemend
in die lug rond waai
soetjies
onversteurd
dan landing vind
soos jy

in eenvoud is…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 26 gaste aanlyn

Bydrae Totale