Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Inspirerend

Ek dink, miskien is dit dalk nou tyd vir HOOP.

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 22

Daar is iets anders binne my
binne die seer wat ek kry
wanneer ek aan jou dink.

Dis, sag en lig
maar voelbaar bo die seer
(al die seer binne my).

Ek glimlag (met droë oë)
en praat oor jou
sonder dat:

My hart…

DIG DEUR DIE DONKER

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2016 20

woorde soos die hemelruim
sonder maan of ster gekleë
vou om my hart vanaand
in stille kerslig atmosfeer

Here, help my in die duister
om deur die donker te dig
en goed in alles wat sleg is,
te sien in U lig

Genade-doudruppels

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2016 18

waar ek verdrink
in die oseane
wat deur jou are bruis
lees ek die uitroep sinne
in die diepkyk van jou oë
en waar jou asem skor
jou liefde oor die naat
van my vel kom skryf
ook in die boog van jou mond
hoor ek die soet
van omgee
sonder grense

so plant jy kosmosvelde
in die binnekamers van my hart
bedou…

Nes ‘n skugter veldblom

Deur Datum gepubliseer: 16 Februarie 2016 25

as jou vingers
soos rivier-riete
wat met water speel
oor die kurwes
van my lyf kom lees
teken jy nes ‘n blinde
liefhê tekens
in voelbare Braille

vul jy elke dorre bars
soos welkome reën
sodat ek bloedrooi…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 48 gaste aanlyn

Bydrae Totale