Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Huwelik

‘n Bietjie Son

Deur Datum gepubliseer: 3 Januarie 2020 4

Ek het ‘n stukkie sonskyn
uit die somertyd bewaar,
dit in ons storieboek gepars
net soos ‘n blom se blaar
en toe dit koud word in jou siel,
en alles om jou grys en vaal,
het ek ons storie oopgemaak
en weer die son vir jou gaan haal

© Anton Bosch 01/01/2020

Lettie en die Wietbieks troue

Deur Datum gepubliseer: 29 Desember 2019 2

Wanneer ‘n danser dans, probeer sy nie op ‘n spesifieke plek op die verhoog of dansvloer uitkom nie, maar om elke tree te geniet. Dit is eintlik ook hoe ‘n mens die lewe moet leef.

* * *

Elke familie het mos maar so ‘n gesin. Hulle is deel van die…

silwer rantjie

Deur Datum gepubliseer: 15 Desember 2019 4

stil in die aand se geluide
verstil my hart in jammerte
ru word ek herinner aan ‘n tyd
toe ek jou geken het om my lyf

ek wil gaan sit en stil word
met ‘n warm arm om my skouer
wat my sagkens vasdruk en koester
wat my siel laat…

So onthou ek …

Deur Datum gepubliseer: 14 Desember 2019 3

Ek raak bewus van loeiende sirenes wat al nader kom. Skielik is daar ʼn dringende klop aan my deur. My eerste gedagte … Wat het die bure nou weer aangevang? Ek maak die deur op ʼn skrefie oop. ʼn Jong konstabel staan voor my.
“Mej. Roux?”
“Ja?” Ek kyk…

LAAT-LENTE ALLEEN

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2019 2

“Ek het lank gesoek, om myself in jou te vind”

Sag sluip sy deur jou are
drup, drup saam jou jare
tussen lewe en dood
bewe haar asem
lewend oor jou lyf
sy weet dis soms verkeerd
om eg te wees
veral wanneer haar hande
verkeerdom soek na jou siel

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 30 gaste aanlyn

Bydrae Totale