Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hoop

Vlinder-vrou

Deur Datum gepubliseer: 21 November 2019 1

Nog vlinder nog vrou
toegevou tussen die blaaie
van gister en nou
tussen blydskap en rou
wil jy vlinder wees
of

Daar waar vrede lê

Deur Datum gepubliseer: 19 November 2019 1

my hart verlang
na die sonbesie-hitte
wat lui luimer
oor karoobos en klippe

na die ding-dong
van ‘n voorloopskaap
wat smag na weiding
net die beste wil opraap

my hart verlang
na wye, oop vlaktes
waar stilte en vrede
salfsmeer aan nerfskuur-gedagtes

waar gesigseinder
ver oor rante strek
my hart se teer…

Bevryde Somer

Deur Datum gepubliseer: 18 November 2019 1

Bevryde Somer

daars ‘n laterige lente
wat die somer stuurs weerhou
en die droogte soos ‘n dryfsand
deur valleie in laat vou

(tussen hierdie lyne stuur ek my woorde
na ‘n klam rivierloop en droom ‘n misreën
teen my voetval vas;
wyl ek sagkens kniediep in ‘n
sagte stroom liefdeswater struikel,
skuif ek die laat lente opsy)
 
en
 
dié laterige lente
wat…

DIE BOEMELAAR BINNE MY

Deur Datum gepubliseer: 12 November 2019 3

Skatryk. Nee, stinkryk is ‘n beter beskrywing van hom. Hy woon in ‘n posh buurt in ‘n posh huis en ry met ‘n posh kar. Sy vrou is gewoond aan oorsese vakansies en het meer juwele en skoene as wat die gemiddelde mens ooit sal van kan droom om…

VERDWAAL? WIE? EK?

Deur Datum gepubliseer: 12 November 2019 2

Ek loop al lank met die ding in my kop – ek is waar ek is en ek is wie ek is as gevolg van waar ek was. Hmm, ek sien jy frons. Met ander woorde, ek is vandag marthamaria omdat ek die pad geloop het wat g’n ander…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 93 gaste aanlyn

Bydrae Totale