Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hoop

die houtbankie

Deur Datum gepubliseer: 5 November 2019 3

naby die houtbankie in die park,
dáár het jy vir my ‘n toorbos geplant
en jou glimlag het die bome laat bot
terwyl die wind uitbundig blare tart

in die duiwe se kir is jou naam gespel
en tussen die boomblare
het die son soos blokkiesglas
geflenter en stom na…

Laat-lente se stof

Deur Datum gepubliseer: 5 November 2019 2

my delila lippe lag fyn
my voorkop is nat van bid, God en sweet
en ek kyk weer in Sy oë; op
na ‘n gewone wêreld wat niks weet

nou jaag jou asem deur my are
soos vroeg vanoggend
toe die poue vêraf êê-êê
met hul bont vere en deftige…

Rugbytrots

Deur Datum gepubliseer: 3 November 2019 1

Ons bly op ‘n besige hoek in Brakpan. ‘n Plek waar mense bymekaar kom vir vlietende oomblikke om net weer te ry sodra die robot verander. Dit is ‘n welbekend hoeke met sy geskiedenis van ongelukke, stoete, skole wat uit kom en hewige verkeer. Na al die jare is…

Hoё hakskoene

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2019 1

Sy het vandag haar hoё hakskoene aan, sy het baie, baie lanklaas hoё hakskoene aan gehad. Vir baie, baie lank dra sy net plat skoene, plat skoene wat haar plat op die aarde hou en veilige en gesond is vir haar rug . . . Plat skoene omdat haar…

Hoop (Silwer)

Deur Datum gepubliseer: 31 Oktober 2019 Hou van

Hierdie naweek sien ons nie
die bar Karoo
of dors bokkies en boere wat sukkel
om in God te glo.

Ons negeer ons tienrandnoot
wat na die storting
as een rand begroot.

Die heuwels en velde stoot
geloof en blare
soos die kleur van die bloed
deur ons honger are.

Hierdie naweek…

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 154 gaste aanlyn

Bydrae Totale