Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hoop

My leef se rede

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 10

in die eggo’s van die jasmyn se reuk
skil jou koesterwoorde, sag in eerbied
(soos reukwerk wat deur my vingers val
tot by die poorte van my hart se grendeldeur)
sò bind jy my vas in jou heil’ge
Jabesgebied

dan kom sypel dankiesê (ge)bede

Die pers in my blou se verlang

Deur Datum gepubliseer: 18 Februarie 2016 11

Die nostalgie van die noodlot
skilder beelde
oor gister
en
wasem hier voor my
teen die ruit op

die stad se liggies
flikker dof
pers-blou
soos my gemoed

hoekom moes jy
so skielik groet

ek
mis die reuk van kampvure
en kitaar snare
en…

Lente

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 10

Die windpomp staant trots met sy staal maanhare,
pote geanker in lowergroen vroeglengte gras.
Wattebolle dryf lui in die blou en laat plek-plek die son toe
om haar arms deur te steek en met goue vingers oor die aarde te streel.
Bome staan fier en swaai die deuntjie
van…

Verwisseling

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 9

Toe die Môrester vir die Suiderkruis waai
en die Haan die oggend wakker kraai
het ek my spore in ‘n nuwe woud getrap
omdat die hekke van my oubuurt eensaam
krap en kraak onder die gewig van die woorde
“Hierdie Woordbuurt is nou gesluit.
Agt jaar van jou…

Want jou liefde sê

Deur Datum gepubliseer: 17 Februarie 2016 12

ek wil my siel
in konfetie snipper
sodat my wees
soos ‘n Lotusblom
statig voor jou
oë ontvou

(om jou elke hartswens
so te vervul)

dan in die koel skadu’s
van jou hart
wil ‘k immergroen

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 102 gaste aanlyn

Bydrae Totale