Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hemel

LAAT-LENTE ALLEEN

Deur Datum gepubliseer: 25 November 2019 3

“Ek het lank gesoek, om myself in jou te vind”

Sag sluip sy deur jou are
drup, drup saam jou jare
tussen lewe en dood
bewe haar asem
lewend oor jou lyf
sy weet dis soms verkeerd
om eg te wees
veral wanneer haar hande
verkeerdom soek na jou siel

Uitvaart

Deur Datum gepubliseer: 27 Oktober 2019 Hou van

In die buitelug se gelaatsbeeld
is reën in volle bloei
met korrels wat afkug
na die lakensvoller land
en hier in my krog brilledoos
beletter ek liglaaiend jou skilderlyf
en stuur dit met ñ geelvlerkduif
verby wolke tot in die hemelalkoof
vir jou gevoelvolle potblou oog

omdat jy is ingebalsem…

Daar is een Hemel

Deur Datum gepubliseer: 23 Oktober 2019 Hou van

Die dag wat die boom brand
toe die swartvoël sing
oor sy voorvaders nes
wie was die die witvoël met die rooi-swart-kringbek
wat sy nes wou belet

en die swartvoël wat dans
vir sy nooi se swier
se voete diep in die stof gemat
om en om en om die…

Lapis lazuli

Deur Datum gepubliseer: 14 Oktober 2019 3

as
witborswolke skreeu
oor die hemel se verlanglys
speel sporadiese reën
ñ sagte lied.

die lugkleur word al witter
tóg blou in die gewelf diep
soos jou oë se asuurblou
met kistralle van goue piriet.

omdat nét vlugtige korrels
sputter potblou in lapis lazul’.

*lapis lazul – ñ blou steen

©Zebilon Kochk

Aan my hartlam

Deur Datum gepubliseer: 4 Oktober 2019 1

my hartlam
met die hemel se ommuur
húíl ek dankbaar
as dié aarde breedgeskouerd
sy bors oop druk
en God reëndruppels
soos druiwekorrels
op die Boland natspik,
skryf ek ñ oranjeoetanrooi heifer
Ja: ñ juigskreetvers
as jakkelse trou
ñ dankbetuiging
aan jou
my dierbare vrou.

want bo in die Herehuis

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 40 gaste aanlyn

Bydrae Totale