Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Navigeer Tema

Hartseer

Ek sou jou kon liefhê

Deur Datum gepubliseer: 29 Februarie 2016 25

Ek sou jou kon liefhê

Ek sou jou kon liefhê
was jou voetspore witter
en die dou op jou hande
het nie bloedrooi geskitter

Ek sou jou kon liefhê
was jou woord maar jou eer
nou sweef dit dof, doelloos
tussen alma mater leuens
in die ver…

Jy het nie huis toe gekom …

Deur Datum gepubliseer: 29 Februarie 2016 26

verlate sit ek vanaand
met my voete in die sand
die branders hou my geselskap
‘n seester in my hand
in die verte brand die liggies
van ‘n deinende tjokkaboot
van hier so klein en amper fyn
mens sou nie sê dis 6-man groot

deur my vingers loop…

Die vier seisoene storie.

Deur Datum gepubliseer: 23 Februarie 2016 14

Daar is vier strande in my hart.
(Amper soos die spoke
in daai cliché Kersfees-stories.)

En as ek moet begin
sal ek sal begin by die verlede
my verlede
op die warm strand
met spierwit sand
wat jou voete brand.

Daar waar die water warm is
en die bome skaars is.

Die strand waar al my seer gebêre is
en…

Droë blare binne my.

Deur Datum gepubliseer: 22 Februarie 2016 12

Ek dink ek moet ’n vuurtjie maak.

Nee,
nie vir braai nie
ook nie om my te help ontslae raak
van die ontydige klouende koue binne my nie

maar
om die droë blare in my tuin te brand.

Droë blare binne my.
Droë blare wat al die geheime seer
en al die geheime kwaad
wat ek steeds binne my…

Ek onthou.

Deur Datum gepubliseer: 19 Februarie 2016 17

… en ek onthou
hoe jou hand geproe het
vasgebind aan die hospitaalbed
toe ek dit die laaste keer gesoen het
toe ek jou vir die laaste keer vertel het
hoe baie lief ek jou het.

… en ek onthou hoe dit gevoel het
die laaste keer toe jy my hand gedruk…

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 61 gaste aanlyn

Bydrae Totale